Ná die bohaai voorverlede jaar oor die Bulls se besluit om in pienk truie te speel, doen hulle dit Saterdag weer.
Maar nee, dit is nie hulle truie vir die res van die seisoen nie. Dit is deel van die Bulls se gesamentlike projek met die SA Kankervereniging, Kansa, om geld vir kanker en spesifiek borskanker in te samel.
Die pienk trui sal dié seisoen dus net in Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs op Loftus, gedra word.
En dis veel pienker as 2013se trui!
Die #GetYourPinkOn veldtog spreek vanself. Jy word gevra om in jou pienk Bullstrui, of enige ander pienk kledingstuk, Saterdag se wedstryd by te woon.
Die veldtog is ʼn gesamentlike poging om R500 000 in te samel en die publiek kan hulle deeltjie doen deur “Pink” na 42336 te sms, te bie op ʼn wedstryddag-spelerstrui op bid or buy, of deur verdere donasies te maak deur op die webtuistewww.getyourpinkon.co.za te gaan.
♦ Die gewone Bulkraal, biertuin en die bemanning deur Kansa van agt ‘Sprayathon’-stasies by die meeste toegangshekke waar hare vir R10 pienk gespuit kan word is deel van die dag se pret. Daar is ook ʼn beperkte hoeveelheid #GetYourPinkOn bypassende armbande vir R40 beskikbaar (http://www.getyourpinkon.co.za/relate-bracelets-sold-at-loftus/): en ook pienk Kansa-bandanas vir slegs R30.
Die Cansa en die #GetYourPinkOn-projek is ten bate van die fonds om ʼn nuwe mobiele gesondheid-toetseenheid aan te koop.
This article was first published by Maroela Media on 31 March 2016, to view original online click here